Keetmanshoop Privaatskool

Baie welkom by die webtuiste van Keetmanshoop Privaatskool.

KPS (Keetmanshoop Privaatskool), geleë in Keetmanshoop, die "hoofdorp" van die Suide van Namibië, het in 1996 tot stand gekom en is geregistreer by die Ministerie van Basiese Onderwys & Kultuur, Namibië, as 'n opvoedkundige instansie sonder 'n winsoogmerk.

Keetmanshoop Privaatskool wil op 'n dinamiese wyse en vanuit 'n Christelike grondslag leerlinge op alle terreine so voorberei dat hulle as volwaardige landsburgers in die samelewing kan uitstaan. Om dit te kan doen, word hoë kwaliteit onderrig en opvoeding op die mees bekostigbare wyse aan leerlinge gebied.

Ons is trots daarop dat Keetmanshoop Privaatskool tans tussen 200 en 300 leerlinge het met 19 onderwysers en 2 sekretaresses.

Keetmanshoop Privaatskool beskik ook oor koshuisfasiliteite waar leerders in 'n veilige omgewing en warm huislike atmosfeer kan inwoon.


Mag die suide van Namibië u hart steel.
Mag die kokerboom wat eie is aan ons land, wortel skiet in u menswees.
Mag Keetmanshoop Privaatskool aan die hoë standaarde voldoen wat u vir u kinders verlang.



Agtergrond en Geskiedenis van Keetmanshoop Privaatskool

Die behoefte aan 'n privaatskool het ongeveer in 1994 in Keetmanshoop ontstaan...

Lees meer...

Keetmanshoop Privaatskool Personeel

Ontmoet ons Personeel...

Lees meer...

Keetmanshoop Privaatskool Akademie

Lees meer...


KPS Sport

KPS het oor die jare verskeie leerlinge gehad wat Nasionale kleure verwerf het in Tennis, Hokkie, Rugby, Netbal en Krieket.

Lees meer...



Skryf hier in om KPS Nuus te ontvang:

Vul u e-pos adres in
Naam (opsioneel)
En...

Moenie bekommerd wees nie. Ons hanteer u e-pos adres konfidensieel.
Ons gebruik dit slegs om aan u KPS Nuus te stuur.

Ons Missie:

'n Gesogte genootskap wat leerders by uitnemendheid skool vir die lewe.

Weer in Keetmanshoop