Geagte ouers,

Die jaar het met 'n spoed weggespring en ons bevind ons alreeds aan die einde van die tweede skoolweek. Graag wil ons die volgende aan u deurgee:

1. Soos van u nou al verneem het, probeer ons bybly by die hedendaagse tegnologie. KPS het nou sy eie webwerf by name www.keetmanshoop-privaatskool.com. Alle korrespondensie sal dan voortaan ook deur die webwerf uitgestuur word. Ons versoek u dus om op die webwerf te registreer (kyk by die skakel "KPS Nuus") sodat u in die toekoms omsendbriewe en ander inligting vanaf die webwerf kan ontvang. Die leerlingraad is ook besig om KPS se facebook-blad op te gradeer.

2. Die jaarprogram behoort ook in die loop van volgende week op die webblad te verskyn, maar ek gee gou die eerste belangrike datums aan u deur.

  • 3 Februarie – KPS Uitnaweek
  • 11 Februarie – KPS Huisbyeenkoms. Ons begin reeds die vorige middag 17h00 met sommige v/d items.
  • 23 Februarie – Sottekonsert 19h00
  • 24 & 25 Februarie – Hoërskool Sone Atletiek

3. Die beheerraad het Donderdagaand vergader en rig die volgende versoeke:

  • Hulle soek dringend (voor Dinsdagaand – 31 Januarie) kwotasies vir die opsit van twee groot waterverkoelers by die hoërskool klaskamers. Kontak dr. Smith – by 226155.
  • Ons benodig ook kwotasies vir die opsit van ʼn 50 liter geyser by die hotelklas. Kontak dr. Smith.
  • Die skool het 'n skaapprojek wat ongeveer 270 ooie beloop. Die vorige kontrakperiode het verstryk en die projek is weer beskikbaar vir iemand wat belangstel. Kontak vir Riaan Steenkamp rakende die aangeleentheid by tel 223957.
  • Ons beplan om 'n noodhulp-kursus aan te bied van 21 tot 23 Maart. Alle belangstellendes moet tog julle name so gou moontlik by Juliette opgee. Dit kan deur leerlinge ook bygewoon word.
4. Die meeste van u het seker al waargeneem dat groot dinge besig is om te gebeur by die koshuis. Ons is baie opgewonde en wil graag vir die kinders ʼn huislike atmosfeer skep. Ons wil dus die vrymoedigheid neem om te hoor of iemand ons dalk met die volgende kan help: Ons benodig N$3000 vir ʼn televisie (of ʼn televisie) wat ons in die eetsaal wil plaas vir leerlinge wat naweke moet inbly. Ons benodig ook sproeiers (pop-ups), pyp en gras wat ons in die vierkant agter die dogters koshuis wil plant. As iemand kan help, kontak tog vir mnr. Werner Mouton by die koshuis – tel 224637.

5. Die beheerraad is as volg in die onderskeie portefeuljes ingedeel:

  • Personeel: Volle Raad en Skoolhoof
  • Finansies: Marlene Burger, Riaan Steenkamp, Andries Kok, Koba Becker, Skoolhoof
  • Terrein en Geboue: Dr Smith, Dr Leon Coetzee, Marlize de Klerk, Skoolhoof
  • Sport: Francois Smit, Riaan Steenkamp, Koba Becker, P de Jay, Skoolhoof
  • Bemarking: Riaan Steenkamp, Dr Leon Coetzee, Skoolhoof
  • Projekte: Marlize de Klerk, Marlene Burger, Pina de Jay, Dr Leon Coetzee, Koba Becker, Francois Smit, Dr J Smith, Skoolhoof
  • Akademie: Dr Leon Coetzee, Andries Kok, Dr J Smith, Patrys Mostert, Skoolhoof
  • Koshuis: Marlize de Klerk, Werner Mouton, Francois Smit, Riaan Steenkamp

6. Laastens wil ek tog net 'n versoek rig aan almal, ouers, leerlinge en onderwysers. Kom ons bemark ons skool deur op die positiewe van ons skool te fokus, en nie deur negatiewe punte van ander skole uit te wys nie. Dit werk nooit om 'n ander ou af te kraak ten einde jouself beter te laat lyk nie. Ek dink ons almal kan dit op onsself ook van toepassing maak.

7. Brief oor Sport: Aangeheg ook 'n skrywe rondom die sport en wil ons versoek dat u reeds die afskeurstrokie MAANDAG sal terugstuur. Kliek hier om die dokument oop te maak.

8. Aangeheg ook 'n inligtingstuk oor die ATKV-Redenaarskompetisie. Kliek hier om die dokument oop te maak.

Wel, dit is al 'n hele mondvol en die jaar het skaars begin.

Van die personeel se kant af wil ons u as ouers bedank vir die positiewe wyse waarmee ons die jaar begin het, en vir u volgehoue ondersteuning. Dankie dat u ons onderwysers se hande sterk maak.

Hoop u het ʼn heerlike naweek.

Groete,
Tinus Botma

Jou gesindheid kleur elke aspek van jou lewe in. Dit is jou gemoed se verfkwas.
~ John C. Maxwell





Kyk hoeveel besoekers ons webwerf reeds gehad het...!

tumblr hit tracking tool



Skryf hier in om KPS Nuus te ontvang:

Vul u e-pos adres in
Naam (opsioneel)
En...

Moenie bekommerd wees nie. Ons hanteer u e-pos adres konfidensieel.
Ons gebruik dit slegs om aan u KPS Nuus te stuur.





Tuisblad

Algemene Inligting

KPS Akademie

KPS Personeel

KPS Sport

KPS Nuus

KPS Inskrywings

Kontak KPS


Weer in Keetmanshoop