Geagte ouers,

Die termyn is al goed op dreef en die Privaatskole naweek is al agter die rug.

Ons wil graag die volgende aan u deurgee:

1. Ons herinner u weer dat Bobby van Jaarsveld op 13 Junie in ons skoolsaal optree. Kaartjies sal beskikbaar wees @ N$100 per persoon. Tydens die vertoning sal daar verversings te koop wees. 2. MANIE JACKSON & PIETER NAUDE kom tree ook op in die skoolsaal van KPS. Kaartjies is $100 per persoon. Die konsert is Donderdag, 5 Julie om 19H00. Kaartjies is by die skool te koop. Verversings is die aand te koop.

3. Die Wildsfees van 2012 vind op Vrydag, 6 Julie plaas vanaf 18H00 by die Stadion in die Lapas. Kaartjies is N$125 per persoon of u kan 'n lapa bekom deur $1500 waarin u 12 persone kan akkommodeer. Braaihout, roosters, vleis, wors, brood en 2 bottels wyn is in die lapa, asook papierborde en plastiese messe en vurke. Indien enigiemand van die sogenaamde "Delikatesse" vir ons kan inbring, skakel asb. met Jaco Steenkamp by 221950 wat hierdie afdeling sal hanteer. Riaan Steenkamp sal alle opveil items ontvang en Francois Smit gaan die Wild wat opgeveil kan word, vir ons ontvang. Help ons asseblief met hierdie taak. Ons kort ook skaapribbetjies en lekker skaap rugtjops. As u hiermee kan help, kan u dit maar inbring na die skool vir Pina de Jay, Tinus Botma of Werner Mouton. Weereens dankie aan die bereidwilliges wat altyd net ja sê en daar is. Nicolette en Christo Bloem sal die kroeg hanteer.

4. Graag gee ons ook die volgende uitslae van die sportnaweek in Walvis aan u deur:

Rugby:
Tjokkers – wen 4; verloor 2
Midi’s – wen 1; verloor 4
0/11&0/12 – verloor 1
0/13 – wen 1; gelykop 1; verloor 1
0/15 – wen 1; verloor 2
1ste Span – wen 1(liga teen Elnatan); verloor 2

Netbal:
Beginners – wen 2; verloor 2; gelykop 1
0/9 – wen 2; verloor 4; gelykop 1;
0/11 – wen 3; verloor 5; gelykop 1;
0/12 – wen 5; verloor 2; gelykop 1;
0/13 – wen 4; verloor 4; gelykop 1;
0/15 – wen 3; verloor 3;
0/17 – wen 5; verloor 1;
0/19B – wen 1; verloor 6;
O/19A – wen 3; verloor 5;

Trompoppies:
Eindig tweede volgens beoordelaars, maar was beslis die beste "squad" op die veld.

Skaak:
Ons kinders speel totaal 15 wedstryde – wen 10; verloor 5

Tennis:
Ons kinders speel totaal 11 wedstryde – wen 5; verloor 6

Hokkie:
Dogters – gelykop 1; verloor 3

Redenaars:
Gr.1 – 3: Janes Mostert, 3de plek
Gr.4 – 5: Nico Coetzee, 2de plek
Gr.6 – 7: Crizelle van Heerden, 2de plek
Gr.10 – 12: Mia Nolte, 1ste plek

Kaskarre:
Laerskool 2de; Hoërskool 3de

Ek dink ons kinders het uitstekend gevaar, en ons het te alle tye netjies gelyk en KPS se naam hoog gehou – BAIE DANKIE !!!

5. Die liga rooster vir die senior spanne is reeds uit, maar die Laerskool rooster sal eers na die naweek beskikbaar wees en dan sal ons alle datums vir u ook deurgee.

6. Dit spyt my om u mee te deel dat na talle ontrekkings, ons slegs 5 spanne na die Gobabis interskole kan neem nl.: 0/13; 0/15; 0/17 & 0/19 netbal; asook die 0/19 rugby.

Neem asseblief kennis dat kinders wat in die begin van die jaar op die briefie aangedui het dat hulle wel die naweek gaan bywoon, maar nou met die laaste opname onttrek het, vir toekomstige sportnaweke laaste oorweeg sal word.

7. Dit is met groot vreugde dat ons die volgende uitslae ook aan u kan bekendmaak: 0/15 rugby wen hulle liga-wedstryd teen P.K. met 24 -19, en die 1ste span wen hulle liga-wedstryd teen P.K. se 2de span met 50 -3. Baie Geluk !!!

8. Ons wil dan alle CAT-ouers meedeel dat Mev. Inge Blaauw ingestem het ons ons met die CAT te help totdat ons 'n geskikte persoon aangestel het. As die onderhoude suksesvol verloop, behoort ons teen einde Julie 'n permanente aanstelling te kan maak. Indien u enige navrae het, kontak my gerus(0812774762).

9. Neem asseblief kennis dat kinders steeds skooldrag kan dra soos voorheen. Die nuwe drag faseer oor 'n periode van een jaar in. Die enigste verandering wat dadelik in werking tree, is die laerskool wat nou skoolskoene i.p.v. tekkies saam met die sweetpakke moet dra.

KPS-groete,
Tinus Botma

"Encouraged people achieve the best; dominated people achieve second best; neglected people achieve the least."





Kyk hoeveel besoekers ons webwerf reeds gehad het...!

tumblr hit tracking tool



Skryf hier in om KPS Nuus te ontvang:

Vul u e-pos adres in
Naam (opsioneel)
En...

Moenie bekommerd wees nie. Ons hanteer u e-pos adres konfidensieel.
Ons gebruik dit slegs om aan u KPS Nuus te stuur.





Tuisblad

Algemene Inligting

KPS Akademie

KPS Personeel

KPS Sport

KPS Nuus

KPS Inskrywings

Kontak KPS


Weer in Keetmanshoop