Geagte ouers,

Hier by die skool gebeur alles teen 'n stywe pas en die koue probeer hard om ons te stuit.

Ons wil graag die volgende aan u deurgee:

1. Baie dankie aan mev. Marelise de Klerk wat ons skool se tuin voor die kantoor so opgetower het die vakansie. Dit is voorwaar lekker om elke oggend te sien hoe almal nou ons voortuintjie bewonder.

2. Baie dankie ook aan Nols en Elmarie Foster vir al die skenkings rondom die opknapping van die laerskooldogters se toilette.

3. Dan wil ons ook ʼn bedanking rig aan dr. Smith vir skenking van wildsvleis vir wors en aan Delaryn Smit vir die maak van die wors. Aan alle ma's en onderwyseresse wat vir ons sop gemaak en geskenk het, baie dankie ook vir julle bydrae.

4. Graag wil ons ook vir Santam bedank vir die donasie wat hulle aan ons gegee het vir die interskole teen Gobabis Gymnasium.

5. Dan wil ons ook gelukwensing oordra aan 3 van ons leerlinge wat die afgelope vakansie Namibiese kleure verwerf het in sport. Leandri v/d Walt in atletiek, JJ de Jay en Kobus Esterhuizen in Rugby.

6. Ons het ook twee leerlinge wat tydens die vorige naweek gekroon is as Namibiese kampioene by die redenaars kompetisie, nl.Janes en Heillie Mostert. Baie geluk julle tweetjies. Hulle neem die 16de Augustus aan die landswye finale in Rustenburg deel.

7. Baie geluk ook aan die volgende dogters wat opgeneem is in die Karas Netbalspanne:
0/12 : Yuka Stolze, Marelie Mueller, Janien van Zyl, Hannelize de Klerk en Emily Basson.
0/13 : Adri O'Callaghan &Chrizell van Heerden.
0/15 : Maretha Mouton, Chane Coffee, Monnet van Zyl & Carol van Zyl.
0/17 : Desire Coffee, Jo-Marie Rieckert, Marnel Smith & Melanie de Klerk.
0/19 : Janie Esterhuyse & Cornè van Wyk.
Voorspoed aan elkeen. Ons hoop om ook hier een of meer Namibiese speelsters op te lewer. Dankie aan Alfrieda Mostert, Leatitia O'Callaghan, Carolina van Zyl & Roelien Coffee wat die kinders in Windhoek sal bystaan.

8. Geluk ook aan ons idiome-stryd spanne wat deelgeneem het aan die volgende rondte. Hilet Nolte en Thanet Maritz moes die knie buig voor WAP. Stefanie Esterhuyse en Jan-Louis Steyn is egter deur na die volgende rondte.

9. Ons herinner u weer dat MANIE JACKSON & PIETER NAUDE op Donderdag 5 Julie om 19:00 kom optree in die skoolsaal van KPS. Kaartjies kos N$100 per persoon. Kaartjies is by die skool te koop. Verversings sal ook die aand te koop wees.

10. Die Wildsfees van 2012 vind op Vrydag, 6 Julie plaas vanaf 18H00 by die Stadion in die Lapas.Kaartjies is N$125 per persoon of u kan lapa bekom vir N$1 500 waarin u 12 persone kan akkommodeer. Braaihout, roosters, vleis, wors, brood en 2 bottels wyn is in die lapa, asook papierborde en plastiese messe en vurke. Ons benodig steeds baie dringend bydraes om hierdie fees te laat realiseer. Indien enigiemand van die sogenaamde "delikatesse" vir ons kan inbring, skakel asb. met Jaco Steenkamp by 221950 wat hierdie afdeling sal hanteer. Riaan Steenkamp sal alle opveilitems ontvang en Francois Smit gaan die wild wat opgeveil kan word vir ons ontvang. Help ons asseblief met hierdie taak. Ons kort ook skaapribbetjies en lekker skaap rugtjops. As u hiermee kan help, kan u dit maar inbring na die skool vir Pina de Jay, Tinus Botma of Werner Mouton. Weereens dankie aan die bereidwilliges wat altyd net ja sê en daar is. Nicolette en Christo Bloem sal die kroeg hanteer.

11. Neem asseblief weer kennis dat kinders steeds skooldrag kan dra soos voorheen, die nuwe drag faseer oor 'n periode van een jaar in. Die enigste verandering wat dadelik in werking tree is die laerskool wat nou skoolskoene i.p.v. tekkies saam met die sweetpakke moet dra. Kliek hier vir 'n volledige beskrywing van die skooldrag soos dit vanaf 1 Januarie 2013 van krag sal wees. Let wel die seuns sal in die toekoms ook 'n amptelike skoolhemp soos die dogters hê om verskillende kleur-variëteite uit te skakel.

12. Ons heg ook vir u die liga-programme van die onderskeie sportsoorte aan. Daar kan dalk hier en daar 'n datum verander soos die seisoen vorder. Alle sportdae is ook nog nie bevestig nie.

13. Leerlinge neem tog kennis dat die Graad 10 klas volgende Vrydag, 22 Junie, 'n "Russian & chips" met 'n coke verkoop @ N$25.

KPS-groete,
Tinus Botma

"Develop a passion for learning. If you do, you will never cease to grow."
Anthony J. D'Angelo





Kyk hoeveel besoekers ons webwerf reeds gehad het...!

tumblr hit tracking tool



Skryf hier in om KPS Nuus te ontvang:

Vul u e-pos adres in
Naam (opsioneel)
En...

Moenie bekommerd wees nie. Ons hanteer u e-pos adres konfidensieel.
Ons gebruik dit slegs om aan u KPS Nuus te stuur.





Tuisblad

Algemene Inligting

KPS Akademie

KPS Personeel

KPS Sport

KPS Nuus

KPS Inskrywings

Kontak KPS


Weer in Keetmanshoop