Geagte ouers,

Hier by die skool is almal hard besig met sport en die eksamen is om die draai.

Ons wil graag die volgende aan u deurgee:

1. Die 26ste Junie het die laerskool 'n baie suksesvolle sopkombuis by Don Bosco gehou. Die blydskap op die kinders se gesigte was die grootste dankie. Graag wil ons Kaap Agri en al die ouers wat so ruim bygedra het, bedank. Ons beplan nog so 'n paar pogings, omdat daar nog baie donasies oor is.

2. Ons herinner u aan die hoenderbraai van Vrydag 13 Julie. Kaartjies hiervoor is te koop by Juliette en Pina. Die kostes is N$35-00 per bord. Baie dankie aan almal wat reeds hierdie projek ondersteun het.

3. Die afgelope naweek in Gobabis was redelik suksesvol nieteenstaande die feit dat ons weens onttrekkings met verswakte spanne gaan speel het. Baie geluk aan die 0/17 & 0/19 netbal wat hulle onderskeie wedstryde gewen het. Baie dankie ook aan almal wat hierdie geleentheid ondersteun het.

4. Neem kennis dat alle laerskool sportspanne op 14 Julie by ons eie sportdag deelneem, en dan weer die volgende naweek, 21 Julie, op Stampriet by Elnatan gaan deelneem. Dit sluit in: beginners; o/9; 0/11; o/12 &o/13 netbal, asook die tjokkers; midi's en o/13 rugby. Die o/12 &o/13 netbal kan dalk daardie naweek (21 Julie) in Windhoek gaan speel as hulle deurdring na die finale.

5. Die eksamen begin reeds die 31ste Julie en hoërskoolleerlinge ontvang reeds vandag hulle eksamenroosters.

6. Aangeheg vind u ook verskeie programme wat deur Educare Learning Centre aangebied word. Lees dit deur en besluit watter van die programme u kind die beste sal pas. U is welkom om ons te skakel indien u twyfel oor watter program u kind sal pas. Die persone gaan die toetsing by die skool kom doen, dus spaar u reeds die reis- en verblyfkostes sou u dit in Windhoek wou gaan doen. Kliek hier vir die programme.

7. Almal is opgewonde oor die nuwe dam wat ons dorp en ons skool 'n inspuiting gaan gee. Na aanleiding hiervan die volgende versoek: 'n Groot beleggingsmaatskappy in Namibië het vir mnr. Kenny Alberts genader om 'n markondersoek namens hulle te doen om te bepaal hoeveel persone in/om Keetmanshoop belang sal stel om net eers 'n erf te koop en dan later self te ontwikkel. Daar is tans geen erwe beskikbaar om te koop nie.

Die erwe is in Westdene /Noordhoek geleë, maar moet nog gediens word. Almal wat belangstel kan mnr. Alberts kontak by kenny@welwitschia.com.na of op my selfoon 081 122 3878 vir verdere besonderhede.

KPS-groete,
Tinus Botma

"Develop a passion for learning. If you do, you will never cease to grow."
Anthony J. D'Angelo





Kyk hoeveel besoekers ons webwerf reeds gehad het...!

tumblr hit tracking tool



Skryf hier in om KPS Nuus te ontvang:

Vul u e-pos adres in
Naam (opsioneel)
En...

Moenie bekommerd wees nie. Ons hanteer u e-pos adres konfidensieel.
Ons gebruik dit slegs om aan u KPS Nuus te stuur.





Tuisblad

Algemene Inligting

KPS Akademie

KPS Personeel

KPS Sport

KPS Nuus

KPS Inskrywings

Kontak KPS


Weer in Keetmanshoop