Geagte ouers,

Ons het 'n wonderlike week van reën agter die rug en hoop om dit af te sluit met die Huisbyeenkoms wat vandag en môre plaasvind. Dit is nou te sê as die weer ons toelaat.

1. Ons wil graag deurgee dat alle atlete vanmiddag om 16h15 by die baan moet aantree. Saterdag moet die atlete alreeds om 06h15 agter die skousaal aantree.

2. Alle leerlinge wat hierdie jaar aan tennis wil deelneem moet onthou om hulle rakette Maandag saam te bring. Kontak gerus vir Juffrou Jessica by 081 747 1030 as u enige navrae het.

3. Die streeks "ScienceFair" word elke jaar rondom Junie/Julie gehou, maar om gereed te wees, moet ons nou al begin. Alle leerlinge in Gr.7 is verplig om deel te neem omdat die wetenskaplike proses deel vorm van hulle sillabus. Enige ander leerlinge wat belangstel moet asseblief Maandag eerste pouse in Juffrou Ursula se klas wees. Ouerbetrokkenheid is baie belangrik indien u kind belangstel om deel te neem.

4. Na aanleiding van die meningsopname vir die Privaatskole Naweek kan ek u meedeel dat die meeste ouers gestem het dat ons met die bus ry en in die huisies oorbly. Ouers wat reeds aangedui het dat u hiervan gebruik wil maak se besprekings is gedoen. Ons doen net ʼn versoek op alle ander ouers wat dalk die trein gekies het, om so spoedig moontlik by Pina julle besprekings vir die bus en huisies te bevestig.

5. Hierdie week sou u dalk opmerk dat daar effens meer bedrywigheid tydens skoolure as normaalweg was. Dit was a.g.v. die rekenaarsentrum wat opgegradeer is, en die skool se netwerk wat geïnstalleer is. Die ou rekenaars wat in die rekenaarsentrum was, word nou in die onderwysers se klaskamers geïnstalleer. Elke onderwyser sal dus nou toegang tot die internet in sy/haar klas hê. Hulle sal ook vanuit die klaskamerleerlinge se punte, dissiplinêre aangeleenthede en afwesighede op die databasis kan laai wat dadelik in die kantoor beskikbaar sal wees.

6. Ek herinner u net weer daaraan dat as daar iemand is wat belangstel om met die skool se skaapprojek aan te gaan, hulle asseblief met Mnr. Riaan Steenkamp moet kontak maak.

7. Laaste maar nie die minste wil ek alle ouers wat by die atletiek betrokke was bedank. Of u nou afgerig het, bane gekalk het, 'n borg gegee het of net 'n bemoedigende woord gespreek het, baie dankie. Sonder u insette was hierdie geleentheid ook nie vir ons kinders beskore nie.

Hoop u het 'n lekker naweek en dat die reën na die laaste aflos kliphard sal uitsak, veral by ons plaasouers.

Hoop u het 'n heerlike naweek.

Groete,
Tinus Botma

Livefortoday, fortomorrow is promisedtono-one.





Kyk hoeveel besoekers ons webwerf reeds gehad het...!

tumblr hit tracking tool



Skryf hier in om KPS Nuus te ontvang:

Vul u e-pos adres in
Naam (opsioneel)
En...

Moenie bekommerd wees nie. Ons hanteer u e-pos adres konfidensieel.
Ons gebruik dit slegs om aan u KPS Nuus te stuur.





Tuisblad

Algemene Inligting

KPS Akademie

KPS Personeel

KPS Sport

KPS Nuus

KPS Inskrywings

Kontak KPS


Weer in Keetmanshoop