Geagte ouers,

Nog 'n week is verby. Ons het lekker gelag vir die sotte en die Sone Atletiek lê voor ons deur. Ons wil graag die volgende aan u deurgee:

1. Hoërskole Sone Atletiek: Hierdie byeenkoms begin alreeds vandag en atlete moet vir juffrou Zandrèa alreeds 16h30 by die stadion se hek kry (By Moth-saal). Atlete wat Saterdag deelneem moet haar 06h30 by die stadion se hek kry. Sorg asseblief dat julle die skool se atletiekdrag aanhet.

2. PRIVAATSKOLE ATLETIEK:WINDHOEK 9 & 10 MAART 2012:

Soos u reeds weet, gaan van u se kinders deelneem aan bogenoemde byeenkoms in Windhoek op Vrydag, 9 Maart en Saterdag, 10 Maart 2012.

Die bus vertrek op Donderdag, 8 Maart 2012 om 12H15 vanaf die koshuis.Leerlinge moet onthou om hul sweetpak, tekkies en atletiekdrag in te pak.Daar word tuisgegaan by Luxury Hill Gastehuis en die kostes vir die naweek is N$400.00 per leerling wat ook die busgeld insluit.

'n Kospakkie sal vir alle leerlinge op die bus voorsien word vir Donderdagmiddag. Donderdagaand en Vrydagaand sal die leerlinge vir hul iets te ete koop in Windhoek. Hul gaan Donderdagaand geleentheid kry om te gaan fliek. Sakgeld is dus nodig, maar reken die aandetes in asseblief. Ontbyt is ingesluit by die verblyf van die twee aande en deur die dag sal daar verkope by die stadion wees.

Alle graad 12-onderwysers gaan die IEB-vergaderings in Windhoek bywoon en daarom sal daar dan nie Vrydag skool wees nie. Aangesien die bus 12H15 vertrek, kom die skool Donderdag, 8 Maart 2012 om 12H00 uit. Dit is dus 'n uitnaweek vir alle kinders wat nie aan die atletiek deelneem nie.

3. Die Namibiese Krieketraad het die skool gekontak en daar sal volgende Woensdag, 29 Februarie 'n krieket oefenkamp aangebied word tussen 14h00 en 17h00. Ons sal Maandag meer inligting hieroor kan gee.

4. Ouers moet tog asseblief ook kennis neem dat die Graad 1 tot 7 Oueraand Donderdag 1 Maart om 18h00 by die skool is. Ons vra dat u dit asseblief sal bywoon. Na afloop van die oueraand sal daar 'n bring-en-braai by die skool wees.

5. Die Laerskool redenaars (Graad 1 tot 7) vind Vrydag 2 Maart tussen 11h00 en 13h00 in die skoolsaal plaas.

6. Windhoek Afrikaanse Privaatskool het gevra dat ons aan u deurgee dat Mathys Roets Donderdag die 8ste Maart om 18h30 in hulle skoolsaal optree. Koste is N$80 p.p. of N$160 p.p. wat 'n vingerete insluit.

KPS Facebook blad

7. Na 'n lang gewag, en baie werk, is die skool se amptelike "Facebook"-blad uiteindelik gereed. Ons is baie opgewonde daaroor, en ons vra dat almal dit asseblief sal "like". Ons sal binnekort foto's oplaai, en julle sal al die inligting oor aktiwiteite en kompetisies hier kry. Onder is 'n voorbeeld van die groep, sodat julle seker kan wees dis die regte een. Soek na: "Keetmanshoop Privaat Skool". Kliek op die logo hier langsaan om na ons blad te gaan op die web. - Groete, KPS Leerlingraad 2012

8. Laaste, maar nie die minste nie, wil ons aan al die sotte en matrieks sê: BAIE DANKIE !!! Dit was 'n genotvolle sottekonsert. Julle het ons voorwaar vermaak.

Hoop u het 'n heerlike naweek.

KPS groete,
Tinus Botma

Let us not be content to wait and see what will happen, but give us the determination to make the right things happen.
~ - Peter Marshall





Kyk hoeveel besoekers ons webwerf reeds gehad het...!

tumblr hit tracking tool



Skryf hier in om KPS Nuus te ontvang:

Vul u e-pos adres in
Naam (opsioneel)
En...

Moenie bekommerd wees nie. Ons hanteer u e-pos adres konfidensieel.
Ons gebruik dit slegs om aan u KPS Nuus te stuur.





Tuisblad

Algemene Inligting

KPS Akademie

KPS Personeel

KPS Sport

KPS Nuus

KPS Inskrywings

Kontak KPS


Weer in Keetmanshoop