Geagte ouers,

Die jaar vorder fluks en ons is volstoom aan die werk hier by die skool.

Ons wil graag die volgende aan u deurgee:

1. Hoërskole Sone Atletiek: Ons wil baie geluk sê aan al ons atlete wat so mooi presteer het. 'n Spesiale woord van geluk aan Leandri van der Walt(1), Christo Gresse(1) en Carol van Zyl(2) wat medaljes in hulle onderskeie ouderdomsgroepe verwerf het. Leandri het dan ook die trofee ontvang vir Senior Victrix Ludorm en Kobus Brand 'n medalje vir die beste prestasie van die dag. Julle het voorwaar KPS se naam hoog gehou.

2. PRIVAATSKOLE ATLETIEK:WINDHOEK 9 & 10 MAART 2012

  • Die bus vertrek op Donderdag, 8 Maart 2012 om 12H15 vanaf die koshuis. Leerlinge moet onthou om hul sweetpak, tekkies en atletiekdrag in te pak. Alle kinders MOET in 'n volledige SKOOL-SWEETPAK en tekkies aan die optog deelneem. GEEN SNAAKSE SKOENE SOOS “SNEAKERS”.
  • Alle graad 12-onderwysers gaan die IEB-vergaderings in Windhoek bywoon en daarom sal daar dan nie Vrydag skool wees nie.Aangesien die bus 12H15 vertrek kom die skool Donderdag, 8 Maart 2012 om 12H00 uit. Dit is dus 'n uitnaweek vir alle kinders wat nie aan die atletiek deelneem nie.

3. LAERSKOLE SONE: Atlete moet in atletiekdrag Saterdag om 06h15 agter die skousaal aantree. Geen ouer of atleet, behalwe beamptes en atlete wat deelneem, sal op die veld/baan toegelaat word nie. Sit op die pawiljoen asseblief. Atlete wie se ouers beamptes is, moet ook op die pawiljoen sit.

4. Die "Swim-for-life" gaan nou Donderdag 22 Maart plaasvind vanaf 13h30 tot 19h00. Enige kind of volwassene kan kom swem en daar is verskeie kontantpryse op die spel wat wissel van N$100 tot N$3000. Dit is vir persone wat die verste swem, die spanne met die meeste deelnemers wat die verste swem en sommer ook vir die oudste persoon wat swem. Deelnemers word in ouderdomsgroepe opgedeel. Vir elke distansie wat 'n kind voltooi ontvang hy/sy 'n wapen.

5. Die TT-kinders (Tekeninge) het verlede week 'n opleidingskursus gehad om op rekenaar te teken en is baie opgewonde. Alhoewel hulle opgewondenheid maak dat elkeen dadelik 'n rekenaar wil hê, moet u nie nou eers een koop nie. Daar sal oor twee weke 'n aanbieding wees oor watter tipe rekenaar u kind gaan nodig kry in die komende twee jaar by KPS. Sodra 'n datum en tyd bepaal is sal ons die inligting aan u deurgee. Kontak my gerus indien u enige navrae het.

6. VELDSKOOL: Die graad 8’s vertrek Maandag 12 Maart om 09h00 vanaf die skool na Aus vir die veldskool. Hulle beplan om Vrydag 16 Maart voor 13h00 weer terug te wees by die skool.

7. Die skool se bakkie (Blou Dries) is te koop. Indien daar iemand is wat belangstel, kontak my gerus by 0812774762.

Ons wens u 'n heerlike naweek toe.

KPS groete,
Tinus Botma

Wie ons is, bepaal hoe ons ander sien.
~ - John Maxwell





Kyk hoeveel besoekers ons webwerf reeds gehad het...!

tumblr hit tracking tool



Skryf hier in om KPS Nuus te ontvang:

Vul u e-pos adres in
Naam (opsioneel)
En...

Moenie bekommerd wees nie. Ons hanteer u e-pos adres konfidensieel.
Ons gebruik dit slegs om aan u KPS Nuus te stuur.





Tuisblad

Algemene Inligting

KPS Akademie

KPS Personeel

KPS Sport

KPS Nuus

KPS Inskrywings

Kontak KPS


Weer in Keetmanshoop