Geagte ouers,

Die atletiek is omtrent verby en ons het begin oefen aan die winter-sportsoorte.

Ons wil graag die volgende aan u deurgee:

1. Die eksamen vir die hoërskool begin op 10 April en dan sal die skool tot en met 26 April om 12h00 uitkom. Neem kennis dat die Gr.12's alreeds op 19 en 20 Maart Afrikaans skryf, en 27 Maart skryf hulle Engels. Graad 10 tot 12 sal op 23 Maart hulle Lewensoriëntering vraestelle skryf. 'n Volledige rooster sal aan die kinders uitgedeel word.

2. Ons herinner u weer aan die "Swim-for-life" wat Donderdag 22 Maart vanaf 13h30 tot 19h00 plaasvind. Enige kind of volwassene kan kom swem. Daar is verskeie kontantpryse op die spel wat wissel van N$100 tot N$3000. Dit is vir persone wat die verste swem, die spanne met die meeste deelnemers wat die verste swem en sommer ook vir die oudste persoon wat swem. Deelnemers word in ouderdomsgroepe opgedeel. Vir elke distansie wat 'n kind voltooi, ontvang hy/sy 'n wapen.

3. Die Gr. 11's se hoenderkaartjies is nog beskikbaar tot Maandag, 19 Maart. Kaartjies kos N$40 en daarvoor kry u 'n kwart hoender met aartappel- en noedelslaai. Kaartjies is beskikbaar by juffrou Patrys tot Maandagmiddag 13h00. Etes kan dan Woensdag, 21 Maart, vanaf 12h00 by die skool afgehaal word. 4. Die skool se bakkie (Blou Dries) is te koop. Indien daar iemand is wat belangstel, kontak my gerus by 0812774762.

5. Daar word van 22 tot 24 Maart 'n noodhulpkursus by die skool aangebied @ N$920 p.p. U verwerf 'n sertifikaat wat vir 2 jaar geldig is. Kontak vir Juliëtte by die kantoor as u sou belangstel.

6. Tom Swemmer van Millennium Computers besoek die skool 29 Maart en gaan die aand om 18h30 'n aanbieding in die skoolsaal lewer. Ons nooi alle ouers uit om dit by te woon. Hy gaan praat oor die hele "e-learning" konsep en hoe dit al suksesvol in Namibiese skole toegepas word. Hy gaan dan ook 'n voorlegging maak van hoe ons as KPS (met ons huidige infrastruktuur) by hierdie stelsel kan baat.

7. Die afgelope naweek was dan ook die Privaatskole Atletiek in Windhoek. Ons kinders het nie net netjies en gedissiplineerd gelyk nie, maar ons het ook 20 medaljesteruggebring. Die medalje-wenners was: Yuka Stolze, Bianca Booysen, Christa Meyer, Talitha Schoeman, Leandri v/d Walt, Corné van Wyk, Drihan Smith, JJ de Jay, Kobus Esterhuizen, Kobus Brand, Christo Gresse, Joost Engelbrecht en Christiaan de Klerk. Leandri v/d Walt het dan ook die toekenning gekry vir 2de beste atleet in haar ouderdomsgroep. Baie geluk aan julle almal.

8. Die 0/13 seuns het Maandag rugbyproewe gehad en 10 van ons seuns is in die Keetmanshoop zone-span opgeneem. Hulle vertrek vandag na Rosh Pinah vir die streeksproewe. Ons wens hulle baie sterkte toe.

9. Die Krieketraad het ook vir ons die nuwe datum vir die afrigtingskliniek en proewe deurgegee en dit sal nou plaasvind op Donderdag, 29 Maart om 14h00. Ons sal sodra ons dit ontvang volgende week meer inligting aan die kinders deurgee.

10. Laastens wil ons tog 'n versoek rig aan almal wat mooi foto's van die skool of skoolaktiwiteite het, om dit vir ons op CD of 'n "flashdrive" te bring. Ons sal dit aflaai en wil dit gebruik vir die webwerf en die nuwe "facebook"-blad.

Ons wens u 'n heerlike naweek toe.

KPS groete,
Tinus Botma

"Sometimes in our attempt to give children what we did not have, we forget to give our children what we did have."
~ Connie Podesta





Kyk hoeveel besoekers ons webwerf reeds gehad het...!

tumblr hit tracking tool



Skryf hier in om KPS Nuus te ontvang:

Vul u e-pos adres in
Naam (opsioneel)
En...

Moenie bekommerd wees nie. Ons hanteer u e-pos adres konfidensieel.
Ons gebruik dit slegs om aan u KPS Nuus te stuur.





Tuisblad

Algemene Inligting

KPS Akademie

KPS Personeel

KPS Sport

KPS Nuus

KPS Inskrywings

Kontak KPS


Weer in Keetmanshoop