Geagte ouers,

Die termynbreuk is voor die deur en dit gee ons so 'n klein blaaskansie voor die eksamen. Ons wil graag die volgende aan u deurgee:

1. Op 28 Maart 2012 is dit weer tyd vir die Mnr. En Mej. KPS-kompetisie. Hierdie is altyd 'n spoggeleentheid op ons skoolkalender. Kom geniet die aand saam met ons en ondersteun asseblief die deelnemers. Ons gaan dit hierdie jaar kombineer met 'n restaurantaand en daarom is daar 3 verskillende kaartjies beskikbaar:

  • Mnr. en Mej. KPS (Vinger-ete ingesluit): N$100-00 (ongeag ouderdom)
  • Mnr. en Mej. KPS (Volwassene): N$50-00
  • Mnr. en Mej. KPS (Leerlinge): N$30-00
Kaartjies is by die sekretaresse beskikbaar.

2. Die 0/19 Netbal- en Hokkiespanne (dogters) speel ook Woensdag, 28 Maart teen Swartland Hoërskool van Malmesbury. Die hokkie begin om 14h00 en die netbal om 16h00. Kom ondersteun asseblief ons dogters.

3. Dit is ook weer tyd vir die Kankervereniging se appelprojek, en ons vra dat alle leerling Maandag, 26 Maart, hulle bestellings sal plaas. Kom ons as skool ondersteun hierdie projek en wys ons kan 'n verskil maak. Bestellings (met geld) kan by registeronderwysers geplaas word. (N$3 per appel)

4. Die volgende items is by die skool te koop: Wynglase en glase met die skoolwapen op @ N$5 elk. Groot verskeidenheid boeke @ N$2 elk. Die ou rekenaars van die rekenaarklas @ N$1000 elk (voetstoots).

5. 14 April is dit weer die jaarlikse Naute Sportdag. Ons nooi almal om te kom deel in die pret. Inskrywingsvorms is van volgende week af by die skool beskikbaar.

6. Neem kennis dat die skool volgende Vrydag, 30 Maart, om 12h00 sluit vir die termynbreuk. Die skool heropen weer om 08h00 op Dinsdag 10 April. Onthou ook om u horlosie Sondag 1 April een uur terug te stel aangesien die wintertyd dan begin.

7. Die laaste Vrydag voor die Privaatskole-naweek (25 Mei) wil ons 'n hoenderbraai hou. Daar sal dan 'n halwe hoender met twee slaaie te koop wees @ N$40. Ons vra tog dat elke huisgesin vir ons een heel hoender sal skenk wat op Maandag, 21 Mei(na die vakansie), by Pina ingehandig moet word.

8. Op 13 Junie tree Bobby van Jaarsveld in ons skoolsaal op. Kaartjies sal beskikbaar wees @ N$100 per persoon. Tydens die vertoning wil ons graag 'n lambraai-ete verkoop. Etes sal gereed wees vanaf 17H30. Almal wat belangstel in 'n bord kos voor die konsert, moet asseblief vooraf hul name by Mev Juliette Scholtz of Pina de Jay opgee. Borde kos word verkoop teen $40.00 per bord.

9. Die skool se bakkie (Blou Dries) is te koop. Indien daar iemand is wat belangstel, kontak my gerus by 0812774762.

10. Ons herinner u weer aan Tom Swemmer van Millennium Computers wat die skool op 29 Maart besoek. Hy gaan die aand om 18h30 'n aanbieding in die skoolsaal lewer. Ons nooi alle ouers uit om dit by te woon. Hy gaan praat oor die hele "e-learning" konsep en hoe dit al suksesvol in Namibiese skole toegepas word. Hy gaan dan ook 'n voorlegging maak van hoe ons as KPS (met ons huidige infrastruktuur) by hierdie stelsel kan baat.

11. Die volgende leerlinge is gekies om aan die Nasionale Atletiek Kampioenskappe te gaan deelneem: Christa Meyer, JJ de Jay, Kobus Esterhuizen, Carol van Zyl, Leandra Smit, Anja Becker, Jo-Marie Riekert, Elana Meyer, Anienke Karsten, Leandri v/d Walt, Corné van Wyk, en Kobus Brand. Baie sterkte aan julle almal.

12. Die volgende 0/13-seuns het die Karas rugbyspan gehaal wat aan die Nasionale proewe gaan deelneem. Baie geluk aan die volgende seuns: JJ de Jay, Kobus Esterhuizen, Gerrit Steyn en Brandon Coetzee.

13. Die Krieketraad se afrigtingskliniek en proewe sal nou plaasvind op Donderdag, 29 Maart om 14h00.

14. Laastens wil ons tog 'n versoek rig aan almal wat mooi foto's van die skool of skoolaktiwiteite het, om dit vir ons op CD of 'n "flashdrive" te bring. Ons sal dit aflaai en wil dit gebruik vir die webwerf en die nuwe "facebook"-blad.

Ons wens u 'n heerlike naweek toe.

KPS groete,
Tinus Botma

"Ons gedagtes bepaal wie ons is. "
~ John Maxwell





Kyk hoeveel besoekers ons webwerf reeds gehad het...!

tumblr hit tracking tool



Skryf hier in om KPS Nuus te ontvang:

Vul u e-pos adres in
Naam (opsioneel)
En...

Moenie bekommerd wees nie. Ons hanteer u e-pos adres konfidensieel.
Ons gebruik dit slegs om aan u KPS Nuus te stuur.





Tuisblad

Algemene Inligting

KPS Akademie

KPS Personeel

KPS Sport

KPS Nuus

KPS Inskrywings

Kontak KPS


Weer in Keetmanshoop