Keetmanshoop Privaatskool Sport

KPS het oor die jare verskeie leerlinge gehad wat Nasionale kleure verwerf het in Tennis, Hokkie, Rugby, Netbal en Krieket.

Die Keetmanshoop Privaatskool sport maak gebruik van die groot stadion wat die eiendom van die munisipaliteit is. Hier het KPS in 2010 besluit om 2 netbalbane te bou wat deur die gemeenskap gebruik word. Daar is tans 4 netbalbane, 2 rugbybane, 1 hokkiebaan en 'n atletiekbaan.

Ander buitemuurse aktiwiteite wat nie deur die Keetmanshoop Privaatskool sport self aangebied word nie, is Gholf, Perdry, Gimnastiek, Moderne Danse, Swem en Voortrekkers.

Van ons leerlinge het al kwalifiseer en kleure verwerf as Internasionale Perdry Kampioen en was 3de algeheel in die wêreld.

Afrigters: KPS maak gebruik van ouers en onderwysers vir afrigting in sportsoorte.


Skryf hier in om KPS Nuus te ontvang:

Vul u e-pos adres in
Naam (opsioneel)
En...

Moenie bekommerd wees nie. Ons hanteer u e-pos adres konfidensieel.
Ons gebruik dit slegs om aan u KPS Nuus te stuur.

Ons Missie:

'n Gesogte genootskap wat leerders by uitnemendheid skool vir die lewe.

Weer in Keetmanshoop