Keetmanshoop Privaatskool

Ander Inligting

Baie welkom by die webtuiste van Keetmanshoop Privaatskool.

KPS (Keetmanshoop Privaatskool), geleë in Keetmanshoop in die suide van Namibië, het in 1996 tot stand gekom en is geregistreer by die Ministerie van Basiese Onderwys & Kultuur, Namibië, as 'n opvoedkundige instansie sonder 'n winsoogmerk. Keetmanshoop Privaatskool wil op 'n dinamiese wyse en vanuit 'n Christelike grondslag leerlinge op alle terreine so voorberei dat hulle as volwaardige landsburgers in die samelewing kan uitstaan. Om dit te kan doen, word hoë kwaliteit onderrig en opvoeding op die mees bekostigbare wyse aan leerlinge gebied.

Skoolwapen

Cinque Terre

Die wapen van die Keetmanshoop Privaatskool is heraldies uniek in die opsig dat die tipiese Christelike onderwysstelsel wat ouers vir hul kinders verlang, hier voorgestel en uitgebeeld word.
In die boonste deel van die wapen verskyn die visarend wat die krag waarmee die wat op die Here vertrou, kan vlieg, dit wil sê: kan lewe!
In die onderste deel van ons skool se wapen verskyn die geopende Boek wat die Bybel simboliseer met Jesaja 40:31 as sleutelvers. Hierdie vers lees "...maar die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag." Die wat op die Here vertrou, word nie moeg nie en hulle vlieg asof hulle arendsvlerke het.

Die leuse van die skool is: Lig Is Lewe.

Die lig simboliseer die Bybel: die Bybel gee aan ons lewe. Sonder die Woord van God is daar nie lewe nie.
Die drie kleure wat in die wapen gebruik word, het die volgende betekenis:
Die donkerblou kleur simboliseer die hemel;
Die jade kleur simboliseer vooruitgang.
Die wit kleur simboliseer vrede en reinheid.

(Ontwerp en saamgestel deur: Ds Samuel Louw, Me. Mart van der Merwe en Me. Cora O'Callaghan.)

Skoollied

Lig is lewe, Dis ons leuse
By die Keetmanshoop Privaatskool
God ons Alfa en Omega
Waak oor 'n ieder en 'n elk
In die Suide met sy kokerboom
En sy dor-vaal vlaktes
Leer ons hier van dissipline,
Van 'n liefde vir volk en taal
Leer ons hier van Onse Vader
Van gee, van deel en werk.
God ons anker in die lewe
Waak oor ons dag en nag
Lig is lewe
Dis ons leuse
By die Keetmanshoop Privaatskool.

(Geskryf en getoonset deur: Wilna Liebenberg)